Twee Namibiese melkprodusente tree uit

Die skrif is aan die muur vir die Namibiese suiwelbedryf met nóg twee produsente wat hul uittrede aangekondig het. Hulle is Kokkie Adriaanse, voorsitter van die Suiwelprodusentevereniging en Christo Strydom, ‘n bestuurslid. Daar bly nou slegs sewe melkprodusente oor, Namibia Dairies se superfarm by Mariental ingesluit. In 2000 het die bedryf nog sterk gestaan op 45 produsente. Tussen die twee boere het 21 werkers hul werk verloor. Christo Strydom verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hy die die suiwelbedryf verlaat.

Strydom sê vir die intensiewe melkboer is daar nie meer ‘n toekoms in Namibië nie.