Twee Namibiërs vermis in die Brandberg-gebied

Twee Namibiërs word in die omgewing van Brandberg, die Ugab-rivier, die Messum-krater en Myl 108 vermis. Kai Jacobie en Marco Zahradnicky het oor die naweek in die gebied gaan kamp en die laaste kontak wat hulle familie het hulle gehad het was Vrydagaand toe hulle op Uis was. Hulle reis in ‘n wit dubbel-kajuit Toyota Hilux met tralies op die bak. Uli Zahradnicky, Marco se pa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *