Twee mans lewenslank tronk toe na moord op jong paartjie

Twee mans van 26 en 35 is twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op ‘n paartjie van 19 en 21 jaar oud. Johanco Fleischman en Jessica Kuhn was in Mei 2019 onderweg in ‘n bakkie met twee passasiers toe hulle by die Putfontein-afrit sonder brandstof gaan staan het. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê Melusi Shima en Ishmael Hlabathi het die paartjie genader en hulle geskiet.