Twee in Wes-Kaap met dagga van R1,16 miljoen vas

Die polisie in die Wes-Kaap het twee verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 1,16 miljoen rand. Beamptes het reageer nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n Toyota Quantum op die N1 naby die Paarl met ‘n besending dagga. Die roete is dopgehou en die voertuig is tussen die Paarl en Klapmuts opgemerk, waar die bestuurder opdrag gegee is om af te trek. Toe die voertuig deursoek is, het beamptes 68 sakke dagga ontdek. Die verdagtes sal in die Paarlse landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.