Twee gru-verkragtings aangemeld
Twee gru-voorvalle van verkragting is in die Namibiese polisie se misdaadverslag bevestig. In die eerste geval is ‘n agt-jarige dogtertjie op Outjo met die belofte van lekkers weggelok van die shebeen waar sy buite gespeel het. Hy het haar in die nabye bosse grond toe gedwing en haar verkrag. Twee vroue wat hout opgetel het, het die voorval waargeneem, en die man het weggehardloop. Die ondersoek duur voort maar daar is geen verdagte geïdentifiseer nie. Verder noord naby Engela het ‘n verdagte wat versteurd is volgens die mag ‘n 65-jarige vrou verkrag. Geen arrestasie is gemaak nie en die ondersoek duur voort.