Twee geskors oor gesteelde rekenaars by verkiesingskommissie

Plaaslike berigte lui dat die Verkiesingskommissie van Namibië twee van sy werknemers geskors het na die diefstal van 117 skootrekenaars. Die skootrekenaars is volgens wat berig word, is tussen November 2020 en Januarie 2023 gesteel maar die diefstal is eers in Januarie bekend gemaak. Die kommissie sê ook dat daar geen kommer hoef te wees oor sensitiewe inligting nie. Die kommissie het nie ‘n waarde van die skootrekenaars geheg nie. ‘n Interne ondersoek is gelas en na die skorsing van die twee werknemers, duur dit steeds voort. ‘n Kriminele klag is ook by die polisie gemaak.