Twee Chinese sakemanne op Katima Mulilo aangeval

Niemand is nog in hegtenis geneem na die aanval die naweek op twee Chinese sakemanne op Katima Mulilo nie. Die twee het ernstige kopbeserings opgedoen, toe drie onbekende mans Saterdag in die vroeë oggendure by hulle winkel ingebreek het.Volgens die polisie se onderkommissaris, Evans Simasiku, is een slagoffer, geïdentifiseer as Duo Yunsting, wat in die kop geskiet is, terwyl die ander een Duo Yinhai, met ‘n pistool geslaan is.Die mans het geld ge-eis,maar hulle het met niks gevlug nie.Die twee slagoffers is na ‘n hospitaal in Katima Mulilo geneem voordat een na Windhoek geneem is vir verdere behandeling.