Twee beseer in vliegongeluk tussen Stellenbosch en Strand 

‘n Vliegtuig het neergestort op die R-44 tussen Stellenbosch en die Strand. Netcare 911 het reageer op berigte die vlieënier van ‘n Piper PA-28 Cherokee ligte vliegtuig moes noodgedwonge op die hoofpad land. Die vlieënier en die passasier is albei ernstig beseer. Hulle is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal geneem vir verdere sorg. Die betrokke owerhede ondersoek die omstandighede wat die ongeluk veroorsaak het.