Twee Adolph Jentsch kunswerke gaan onder die hamer

‘n Baie seldsame geleentheid is beskikbaar vir versamelaars van Namibiese kuns. Die Suid-Afrikaanse veilingshuis Strauss en Company het twee Adolph Jentsch kunswerke wat op 14 September om ses-uur namiddag aanlyn onder die hamer sal kom. Alastair Meredith, die veilingshuis se senior kunsspesialis, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.