Twaalf SA jagluiperds op pad na Indië

Buiten vir die Namibiese jagluiperds, sal 12 jagluiperds van Suid-Afrika na verwagting Sondag na Indië gevlieg word. Dit is die eerste tussen-kontinentale herinvoering van ‘n spesie. Die vyf mannetjies en sewe wyfies van verskeie privaat wildreservate, is tans in afsondering om hul goeie gesondheid te verseker. ‘n Veeartsenykundige natuurlewe-spesialis, Adrian Tordiffe, sê die jagluiperds sal verdoof word om die spanning tydens hul rit tot die minimum te beperk.