Twaalf mense sedert Sondag op Kaboel-lughawe dood

Ten minste 12 mense is sedert Sondag in en rondom die Hamid Karzai Internasionale Lughawe in Kaboel in Afghanistan dood. Beamptes van die Taliban en NAVO sê dit is weens geweerskote of ‘n stormloop. Die Taliban het mense aangemoedig om die terrein te verlaat, aangesien duisende desperate burgers steeds uit Afghanistan probeer vlug. Vandag is Afghanistan se Onafhanklikheidsdag en Sky News berig die Taliban beweer hulle vier die geleentheid omdat hulle die arrogante mag van die wêreld oorwin het, met verwysing na die Verenigde State.