Twaalf-jarige seuntjie in Windhoek vermis

Die 12-jarige Jeremia Kariseb Forto word sedert Saterdagmiddag in die Sewende Laan-nedersetting in Windhoek vermis. Volgens sy ma, Renate Karises, het hy saam met ander kinders gaan speel. Jeremia het ’n grys baadje met silwer op die moue, ’n blou broek en wit en blou hemp aangehad. Hy kan Damara/Nama en Afrikaans praat en is ’n leerling aan die Primêre Skool Michelle McLean in Otjomuise. Karises sê aan Kosmos 94.1 Nuus Jeremia is glo vanoggend sewe uur deur iemand gesien, maar ná ‘n soektog in die omgewing, is hy steeds nie gevind nie. Sy vra dat die publiek haar skakel of die inligting by hul naaste polisiekantoor moet aanmeld.