Twaalf gevaarlike gevangenes ontsnap uit Mount Frere-polisieselle

Twaalf Oos-Kaapse gevangenes het op die vlug geslaan nadat hulle in die vroeë oggendure uit die Mount Frere-polisieselle ontsnap het. ‘n Polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê ‘n 72-uur-aktiveringsplan is van stapel gestuur. Naidu sê die gevaarlike gevangenes het vermoedelik deur ‘n gat in die muur ontsnap, en ‘n interne ondersoek is aan die gang.