Tutu het altyd die waarheid gepraat – Mandla Mandela

Die ANC-parlementslid, Mandla Mandela, meen een van die belangrikste aspekte van die nalatenskap van aartsbiskop Desmond Tutu, is dat hy die waarheid gepraat het. Mandela het in Kaapstad gepraat waar hy sy laaste eer betoon het aan die ontslape struggle-ikoon. Mandela het verwys na die spesiale band tussen Tutu en sy oupa, Madiba, en sê dis een waaruit baie geleer kan word. Hy sê die nalatenskap van dié twee ikone laat die nuwe generasie met die verantwoordelikheid om met die waarheid om te gaan, veral wat betref die korrupsie in die land:

Tutu lê vandag nog in staatsie en sal môre in Kaapstad ter ruste gelê word.