Tutu: Dalai Lama woon nie begrafnis by nie

Die geestelike leier van Tibet, die Dalai Lama, sal nie emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se begrafnis Saterdag bywoon nie. Volgens die Lama se Suid-Afrikaanse verteenwoordiger, Ngodup Dorjee Shingchen, is die rede vir die geestelike leier se afwesigheid die feit dat hy nie vir ‘n visum aansoek gedoen het nie. Die Suid-Afrikaanse regering het die Lama se toegang tot die land twee keer in die verlede herroep. Hy het “The Book of Joy” in 2016 saam met wyle Tutu geskryf. Die boek ondersoek die soeke na vreugde in ‘n wêreld vol lyding.