Tussen N$65 000 en N$113 000 vir verversings by Oshikoto-streeksraad

‘n Tender deur die Oshikoto-streeksraad vir verversings, het wenkbroue laat lig. Die tender, wat reeds 14 Julie gesluit het, vra vir die kantoor van die direkteur vir groot getalle uiters duur gesondheidskoekies, 60 maal pakkies van 6, 360 pakkies grondboontjies en rosyntjies, 30 pakke lekkers, 192, 330-milliliter blikkies koelrdank, 288 blikkies vrugtesap van Suid-Afrika en 360 500-milliliter bottels water, wat plaaslik vervaardig is. Yanna Smith het meer.