Turkse President besoek vloedgeteisterde gebiede by Swartsee

Die Turkse President, Tayyip Erdogan, besoek vandag gebiede waar nooddienswerkers sukkel om gemeenskappe by te staan wat deur vloede getref is in die Swartsee-gebied. Reuters berig die dodetal het tot 27 gestyg tydens die tweede natuurramp in hierdie maand in die land. Die vloede, van die ergste wat Turkye al beleef het, het chaos in die noordelike provinsies veroorsaak, pas nadat owerhede verklaar het die veldbrande wat twee weke lank deur die suidelike kusstreke gewoed het, onder beheer is. Strome water het tientalle motors en hope puin in die strate gelaat.