Turkse opposisiepartye kies kandidaat

Opposisiepartye in Turkye het ‘n enkele kandidaat gekies om te staan te kom teen President Tayyip Erdogan wanneer die land op 14 Mei na die stembus gaan. Die 74-jarige Kemal Kilicdaroglu, word bestempel as Turkye se Ghandi en verteenwoordig ses opposisiepartye. Meningsopnames dui daarop dat dit ‘n kop-aan-kop stryd sal wees. Erdogan is reeds twee dekades lank in die regeringstoel. Kilicdaroglu, wat die leier van die Republican People’s Party is, het na sy benoeming in Ankara gesê die opposisie se doelwit is om die land na vooruitgang te lei en vrede na te streef.