Turkse joernalis ná tien dae in aanhouding vrygelaat

‘n Turkse hof het gelas dat ‘n joernalis vrygelaat word wat tien dae in aanhouding was onder die land se nuwe wet op waninligting. Sy prokureur het beswaar gemaak  teen sy aanhouding. Sinan Aygul het die eerste persoon geword wat tronk toe gestuur is hangende sy verhoor kragtens dié wet, wat twee maande gelede goedgekeur is. Aygul, ‘n joernalis in die Koerdiese meerderheid Bitlis-provinsie, het op Twitter geskryf dat ‘n 14-jarige meisie glo seksueel misbruik is deur onder andere polisielede en soldate. Hy is later in hegtenis geneem omdat hy nie die storie met owerhede bevestig het nie.