Tunisiese President ontsetel regering

Tunisië is vandag deur een van die grootste grondwetlike krisisse in sy demokrasie in die gesig gestaar nadat President Kais Saied die regering ontsetel het. Hy het die parlement met behulp van die weermag uit die kussings gelig, in ‘n stap wat die belangrikste partye, insluitend Islamiste, as ‘n staatsgreep bestempel. Reuters berig dit volg na maande van geskille en ‘n dooiepunt in gesprekke tussen Saied en premier Hichem Mechichi sowel as ‘n verdeelde parlement. Tunisië het ook dieper in ‘n ekonomiese krisis verval wat vererger is deur die Covid-pandemie. Die weermag is na die regeringspaleis in die Kasbah ontplooi en het die parlement omring.