TUN wil staking reël

Die Namibiese Onderwysersvakbond maak hom gereed vir ‘n staking. Volgens die vakbond se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha, word lede gemobiliseer na onderhandelings oor ‘n salarisverhoging op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Kavihuha sê die regering het genoeg tyd gehad.