Tucker Carlson loop deur oor sy ‘weergawe’ van 6 Januarie

Die Amerikaanse joernalis en politieke kommentator, Tucker Carlson, wat Tucker Carlson Tonight op Fox News aanbied, het onder skoot gekom vir wat beskryf word as sy pogings om die gebeure van Januarie 6 by die Kongres se versag. Mitch McConnell, die Republikeinse Kongres-leier het skerp gereageer op Carlson se uitbeelding van die gebeure op daardie dag en die Amerikaanse aanklaer-generaal, Merrick Garland sê ook dat dit duidelik is wat daar gebeur het.