Tsumeb hou optog teen dwelms, drank

Die Tsumeb-gemeenskap gaan volgens berigte gebuk onder die misbruik van dwelms wat lei tot verskeie ander maatskaplike uitdagings. Drank is volgens maatskaplike werkers op die dorp ook ‘n toenemende probleem. ‘n Optog sal môre op die dorp gehou word om bewustheid van die probleem te skep. Maatskaplike werker Cecilia Kiptoo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.