Tsumeb Gimnasium bied Privaatskole Sportweek aan

Die Tsumeb Gimnasium bied vanaf 2 tot 5 Mei die Namibiese Privaatskole Sportweek op Tsumeb aan. Leerders gaan aan ‘n verskeidenheid van sportsoorte en aktiwiteite, selfs kaskar-resies, deelneem. ‘n Onderwyser van Tsumeb Gimnasium, Belinda Gerber, sê dit gaan ‘n opwindende sportweek wees.