Tsoenami-waarskuwing in Indonesië opgehef

‘n Tsoenami-waarskuwing is uitgereik na ‘n aardbewing van 7,4 die oostelike kus van Indonesië getref het. Die Stille Oseaan-tsoenami-waarskuwingsentrum het aanvanklik gemaan dat tsoenami’s moontlik is vir kusgebiede wat binne ‘n duisend-kilometer van die aardbewing se episentrum af geleë is maar dit is intussen opgehef. Geen beduidende skade of sterftes is onmiddellik aangemeld in die gebiede waar die aardbewing voorgekom het nie, maar die owerhede het gevra dat mense paraat moet wees.