Tsjeggiese Republiek oorweeg dit om Russiese bates te bevries
Die President van Oekraïne Volodimir Zelensky wat op besoek is aan Praag in die Tsjeggiese Republiek, het by ‘n gesamentlike mediakonferensie met die Tjeggiese eerste minister Petr Fiala gesê sy weermag het langafstand-missiele nodig vir die oorlog teen Rusland. Zelenski sê dit is moeilik om ‘n aanvals- en verdedigingsoperasie uit te voer sonder dié wapens. Fiala het op sy beurt gesê dat hulle die moontlikheid bespreek het om Russiese bates te bevries, om dit te kan aanwend vir die heropbou van Oekraïne.