Tsjeggiese polisie gebruik boewe se Ferrari om boewe te vang

Die Tsjeggiese polisie het ‘n indrukwekkende wapen gekry in die stryd teen misdaad – ‘n Ferrari 458 met ‘n top-spoed van 320 kilometer per uur. Hulle beplan om die Italiaanse super-motor in te span teen aggressiewe bestuurders op die land se paaie en onwettige wedrenne. Die motor is volgens berigte van misdadigers afgeneem en in die polisie se kleure uitgedos om oortreders te waarsku om nie eens te oorweeg om die lang arm van die gereg te probeer ontwyk nie. Owerhede sê dit het minder gekos om die Ferrari om te bou as om die plaaslik-vervaardigde gesinsmotor Skoda Scala aan te koop.