Tsitsipas en Rublev spook sake uit vir plek in ATP-halfeindstryd

Tennis: Stefanos Tsitsipas van Griekeland en die Rus, Alexander Rublev, gaan vanaand sake uitspook om die laaste plek in die voorlaaste ronde van die ATP-eindtoernooi in Turyn, Italië. Die wenner speel môre in die halfeindronde teen die Noorweër, Casper Ruud, terwyl die vyfmalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, teen die Amerikaner Taylor Fritz te staan kom vir ‘n plek in Sondag se eindstryd. Die Duitser, Alexander Zverev, kon nie sy titel verdedig nie nadat hy in Junie ernstig beseer is tydens die Franse Ope. Tsitsipas was die kampioen in 2019