Tshwane vat sy besette geboue terug

Die Stad Tshwane het met ʼn omvattende veldtog begin om die styging in onwettige besetting van die stad se kommersiële geboue teen te werk. Die veldtog is begin nadat inwoners die stad bewus gemaak het van die onwettige besetting van een van Tshwane se kommersiële geboue in Gezina. Die selfverklaarde verhuurder het onregmatige huur ingevorder. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê strafregtelike aanklagte sal teen die selfverklaarde verhuurder ingestel word.