Tshwane stel krisis taakspan aan oor fase ses-beurtkrag

Die Stad Tshwane sê, teen die agtergrond van Eskom se fase ses-beurtkrag, stel hy op die oomblik ‘n kragkrisis-taakspan saam om hulpbronne te bestuur en aan te wend sodat kragonderbrekings oral in die stad effektief aangespreek kan word. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir Nutsdienste en Streekbedrywighede, Daryl Johnston, sê hulle sal die situasie noukeurig dophou en werk hard om te verseker dat hulle so gou as moontlik kan reageer op kragnetwerk-uitdagings wat weens beurtkrag opduik: