Tshwane-speaker lê klag na ANC-geweld

Die speaker van die Stad Tshwane, Murunwa Makwarela, sê die gewelddadige optrede van ANC-raadslede tydens ‘n raadsitting die week, kan moontlik ‘n oortreding wees van die gedragskode. Hy het by die Brooklyn-polisiekantoor ‘n strafregtelike saak teen die raadslede geopen. ‘n Struweling het na bewering ontstaan toe ANC-raadslede geweier het dat die raad verslae aanvaar wat deur die munisipale owerheid saamgestel is. Makwarela sê hy is soos ‘n hond gejaag en geslaan en het kopbeserings opgedoen toe hy deur raadslede aangerand is: