Tshwane oorhandig nog afdankingsbriewe

Die Stad Tshwane het aangekondig dat nog afdankingsbriewe vandag oorhandig word aan stakende werknemers wat lede is van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie. Die staking het verlede maand begin en 41 werkers het reeds briewe van ontslag ontvang. Die staking vind plaas oor die stad se besluit om nie lone te verhoog nie. Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê werkers eis verhogings van 3,5 persent en 5,4 persent, wat die stad nie kan bekostig nie.