Tshwane het handelsending na Maputo

Tshwane se agentskap vir ekonomiese ontwikkeling bevorder geleenthede vir plaaslike ondernemings as deel van sy groter sending om nuwe geleenthede en markte in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te ontsluit. Dit het plaasgevind tydens ‘n handelsending van twee dae in Maputo, Mosambiek. Die agentskap het goedere en bemarkingsmateriaal van 16 maatskappye in Tshwane na Maputo geneem. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê plaaslike maatskappye was virtueel in verbinding met die handelsending wat op die skou se tweede dag ook deur President Cyril Ramaphosa besoek is.