Tshwane-burgemeester sê meerderheid van werknemers sal hul lewens in gevaar stel

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê die meerderheid van die metro se werknemers is bereid om hul lewens in gevaar te stel te midde van intimidasie, dreigemente of selfs fisieke geweld. Samwu-lede staak sedert verlede Dinsdag in ‘n onwettige en onbeskermde verset-optrede om ‘n loonverhoging te eis. Williams sê een van hul kollegas, Benjamin Dube, is in ‘n intensiewe sorgeenheid opgeneem nadat hy die naweek in Soshanguve aangeval is.