Tshwane-burgemeeser vra einde van nasionale ramptoestand

Tshwane se burgemeester, Randall Williams, het ‘n beroep op die nasionale regering gedoen om ‘n einde te bring aan die nasionale ramptoestand. Hy sê daar is geen werklike rede vir die volgehoue gebruik van dié wetgewing om die Covid-pandemie te bestuur nie. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê alle aanduidings is dat Covid-gevalle ‘n algemene afplatting bereik het. Die besmettingskoers bly ook laag.