Tshwane beweeg weg van lang, en duur huurkontrakte

Tshwane se burgemeester, Randall Williams, sê die metro beweeg weg van buitensporige huurkontrakte wat deur vorige administrasies goedgekeur en onderteken is. Die doel is om die stad se finansies te bestendig en op uitgawes te besnoei sodat die geld gebruik kan word om noodsaaklike dienste aan gemeenskappe te verskaf. Williams sê deur voertuie te koop eerder as te huur, sal die stad se afhanklikheid van diensverskaffers verminder en verseker dat interne ambagslui ten volle benut word: