Trustco en Bank van Namibië se hofstryd duur voort

Die stryd tussen Trustco en die Bank van Namibië is nog lank nie verby nie, met die twee partye wat vandeesweek weer in ‘n hofstryd gewikkel was. Die Bank van Namibië het ‘n nuwe aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien dat Trustco Bank gelikwideer word, en ‘n kliënt van Trustco het ‘n aansoek in die hoërhof gewen wat die sentrale bank van sy voornemens verhoed om stappe teen die private bank te neem. Collexia, ‘n Trustco-kliënt, het die aansoek ingedien om onder meer te verhoed dat die Bank van Namibië Transco Bank, waardeur hulle hul transaksies doen, gelikwideer word totdat hulle ‘n alternatiewe bankier het. Die Bank van Namibië appelleer teen die hoërhof se beslissing.