Trustco-aandeelhouer? Jy’s 46% in sewe dae ryker

Die uitvoerende hoof van Trustco Group Holdings, Quinton van Rooyen, het bevestig dat Trustco se aandeelhouers in een week 46 persent ryker is. Trustco-aandeelhouers het 330 miljoen Namibiese dollar se welvaart teruggekry toe die aandeelprys Dinsdag tot 66 sent per aandeel gestyg het van 45 sent per aandeel verlede Maandag. Meer as 800 000 aandele is gedurende die week verhandel. Van Rooyen sê aan Kosmos 94.1 Nuus aandeelhouers het rede om te glimlag.