Truss se moeilikheid verdiep, 54 vra dat sy moet gaan

Die Britse premier Liz Truss vergader op die oomblik met die 1922-komitee voorsitter Sir Graham Brady na hy 54 briewe ontvang het van lede van die Konserwatiewe Party wat eis dat Truss moet bedank. Die komitee doen oorsig oor die Konserwatiewe Party se sake. Na die chaos met Truss se ekonomiese plan sowel as die fisiese afknouery met die hidrobreking-wetgewing Woensdagaand, het Brady die vergadering gereël. Simon Hoare, ‘n Tory-parlementslid het met die media gepraat.