Trump wil in 2024 staan

Soos verwag het oudpresident Donald Trump sy kandidaatskap vir die 2024 presidensiële verkiesing by sy Florida-landgoed Mar-a-lago aangekondig.

Kenners meen dit dompel die Republikeinse-party in chaos omdat die party uiters verdeeld is oor Trump en die uitslae van die tussenverkiesing. Daar word verwag dat Florida-goewerneur Ron de Santis ook die wedloop sal betree en Trump se voormalige adjunk, Mike Pence, begin ook sy politieke skuiwe maak. Maar, Trump, het soos verwag, uitgevaar teen die Demokrate en Joe Biden se administrasie.