Trump verloor, Withuis-rekords word oorhandig

Die Amerikaanse hooggeregshoof het oudpresident Donald Trump se aansoek om toegang tot die Withuis-rekords van 6 Januarie te verhoed, van die hand gewys. Trump het sy eerste aansoek in die hoërhof gebring en verloor, en toe na die appèlhof geneem en weer verloor. Hierdie was sy laaste poging. Die land se nasionale argief kan nou die meer as 700 bladsye aan die komitee wat die opstand by Capitol Hill ondersoek , oorhandig. President Joe Biden vroeër reeds toestemming gegee dat die dokument openbaar gemaak kan word. Van die nege regters in die hof het net een, Clarence Thomas, in Trump se guns gestem. Die drie regters wat Trump aangestel het, het sy aansoek van die hand gewys.