Trump tweede keer Time se Persoon van die Jaar
Die nuustydskrif, Time, het die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, as vanjaar se Persoon van die Jaar aangewys. Die titel word toegeken aan ʼn individu of groep wat wêreldwyd die grootste invloed op gebeure gehad het, hetsy goed of sleg. Trump is in 2016 die eerste keer erken na sy onverwagse oorwinning in die presidentsverkiesing. Hierdie keer is dit vir ʼn merkwaardige politieke terugkeer. Die titel is oor die dekades heen aan ʼn verskeidenheid nuusmakers toegeken, staatshoofde, aktiviste en kunstenaars en, in sommige gevalle, selfs gewelddadige outoritêre leiers.