Trump skuldig aan bedrog, NY-maatskappye word ontbind

’n Regter van New York het bevind Donald Trump en sy familiebesigheid het die waarde van sy eiendomme en ander bates bedrieglik opgeblaas, in ’n groot nederlaag vir die voormalige Amerikaanse president wat sy vermoë om sake in die staat te doen, ernstig kan belemmer. Die beslissing deur regter Arthur Engoron van die hof in Manhattan sal dit makliker maak vir prokureur-generaal Letitia James om skadevergoeding by ‘n geskeduleerde verhoor op 2 Oktober vas te stel. Engoron het ook beveel dat sertifikate wat sommige van Trump se ondernemings, insluitend die Trump-organisasie, in New York laat bedryf, gekanselleer word, en die aanstelling van ‘n ontvanger beveel om die ondernemings se ontbinding te bestuur.