Trump se Truth Social is beskikbaar

Donald Trump se nuwe sosiale media-toep, Truth Social, is laat Sondag op die Apple App Store bekend gestel. Dit kan moontlik sy terugkeer na sosiale media beteken na hy verlede jaar op die tradisionele platforms verban is. Die toep was beskikbaar om af te laai kort voor middernag New York tyd en is outomaties afgelaai na Apple se toestelle wat behoort aan gebruikers wat reeds die toepassing vooraf bestel het. Trump is van Twitter, Facebook en YouTube verban ná die aanval op 6 Januarie 2021 deur sy ondersteuners op Capitol Hill. Hy is daarvan beskuldig dat sy plasings geweld aangehits het.