Trump se Nauta pleit onskuldig
Walt Nauta, Donald Trump se assistent, het by ‘n federale hof in Miami onskuldig gepleit op aanklagte dat hy die voormalige Amerikaanse president gehelp het om hoogs geheime dokumente wat Trump geneem het toe hy die Withuis in 2021 verlaat het, weg te steek. Prokureur Stanley Woodward het die pleit vir Nauta ingedien. Nauta het vir verslaggewers geglimlag, maar niks gesê toe hy by die hofgebou aankom nie en was ook doodstil toe hy minute later die hof verlaat.