Trump sê FBI het 3 paspoorte by sy huis gesteel

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig die FBI dat hy drie van sy paspoorte gesteel het tydens verlede week se klopjag op sy huis in Mar-a-Largo. Die ondersoekeenheid het ‘n lasbrief gehad om beslag te lê op hoogs geheime dokumente wat hy na bewering saamgevat het toe hy verlede jaar die Withuis verlaat het. Trump sê in ‘n boodskap op sy eie sosialemedia-platform, Truth Social, die FBI het sy paspoorte “en alles anders” gesteel. Hy beskryf die optrede as ‘n aanval op ‘n politieke teenstander soos daar nog nooit voorheen in Amerika gesien is nie.