Trump-organisasie skuldig, US$1,6m se boetes

’n New York-regter het die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, se eiendomsmaatskappy ’n kriminele boete van 1,6 miljoen Amerikaanse dollar opgelê nadat hy skuldig bevind is aan belastingontduiking vir meer as 15 jaar. Die maatskappy is skuldig bevind op 17 kriminele klagte, insluitend sameswering en die vervalsing van sakerekords. Die straf was die maksimum wat die regter kon oplê. Trump self het alle bewerings ontken en sy regsverteenwoordigers het te kenne gegee dat hulle sal appelleer.