Trump loof Buhari se Twitter-verbod

Terwyl aktiviste gons oor die verbod op die gebruik van Twitter wat Saterdag in Nigerië ingestel is, het die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump President Muhammadu Buhari geloof vir die besluit. Buhari het die verbod ingestel nadat een van sy twiets verwyder is. Volgens berigte het hy verwysing gemaak na die land se burgeroorlog en gesê diegene wat hulle wangedra sal behandel word in ‘n taal wat hulle verstaan. Trump het gesê hy moes dit dalk ook oorweeg het terwyl hy president was. Aktiviste meen Nigeriërs word deur die verbod van hulle basiese regte ontneem en ook van die reg tot toegang tot inligting. Nigeriërs kan in hegtenis geneem word as hulle stelsels omseil en toegang op die manier tot Twitter bekom.