Trump lok erge kritiek uit oor LIV-toernooi by sy ghlofklub

Oudpresident Donald Trump lok weer kritiek uit in die VSA. Sy Trump National Golf Club in Bedminster in New Jersey, speel vandag gasheer vir die LIV-gholftoernooi wat deur Saoedi-Arabië geborg word. Die jongste geklassifiseerde dokumente rakende September 11 se aanval, wat openbaar gemaak is, toon dat Saoedi-Arabië wel ‘n rol gespeel het in die aanval. En Trump het dit ook, ‘n jaar voor hy president geword het, gesê. Hy het aan die media gesê die dokumente moet oopgemaak word omdat dit nie Irak was nie maar Saoedi-Arabië. Hy blyk om ‘n ommekeer te gemaak het en het aan die media by sy ghlofklub gesê die raaisel in verband met die aanval is nie opgelos nie…