Trump keer terug na Washington, maak eerste (omstrede) toespraak

Oudpresident Donald Trump het vir die eerste keer sedert Joe Biden ingesweer is sy terugkeer na Washingtong gemaak en was die hoofspreker by ‘n beraad wat deur die America First-instituut aangebied is. Sy aanmerkings oor wetteloosheid in die VSA het wenkbroue laat lig, veral nadat dit aan die lig gekom het dat hy vir meer as drie ure niks gedoen het om wetstoepassers by Capitol Hill op 6 Januarie by te staan nie.

Terwyl hy nie homself, soos verwag, beskikbaar gestel het die vir presidensiële verkiesing in 2024 nie, het hy gesê die Republikeine sal die verkiesing wen.